Veterane Bystandfonds

Ons help en staan Nasionale Diensplig Veterane by met die volgende:

Noodverligting

Kos

Klere

Mediese bystand en

Behuising.

SMS jou NAAM na

31429

Mr. Philip Moolman

Non executive Director 

philip@veteransaidfund.co.za

Play Video
Play Video

Mr. Quintus Smalman

Founder

quintus@veteransaidfund.co.za

Play Video
Play Video

Dr. Johan de Beer

Director

johan@veteransaidfund.co.za

Play Video
Play Video

Izak du Plessis`s and Philip Moolman

Play Video

Ambassadeur se brief- Philip Moolman

Om ’n akteur, sanger en liedjieskrywer te wees vereis (onder meer) dat ’n mens empatie moet hê – die vermoë om jouself in iemand anders se skoene te plaas. Ek wil jou net vir ‘n oomblik vra om presies dieselfde te doen:

Stel jouself voor, jy is gebore in ‘n omgewing waar jy van kleins af belowe is, dat jy altyd versorg sal word, dat jy geen entrepreneursvaardighede hoef aan te leer nie; dat jy altyd ’n werk, ’n huis, motor, inkomste, bevordering en aftrede sal hê – tot die dag van jou dood. Stel jou voor dat hierdie omgewing (oornag) verander / afbreek; en dat al die bogenoemde beloftes (skielik) nie meer bestaan ​​nie.

Duisende S. A. soldate sit sonder / het geen werk, huis, motor of pensioen nie. Hulle vrouens het hulle verlaat. Baie van hulle het op straat beland, of in agterkamers gewoon en van uitdeelstukke geleef.

In lande soos Amerika en Engeland is soldate wat diens gelewer het

hoog aangeslaan, geëer, gewaardeer en versorg. In Suid-Afrika is daar geen hawe of heenkome vir oud-soldate (fisies, emosioneel en finansieel); geen respek, selfagting, voorsiening of sorg nie.

Stel jouself voor (vir ‘n oomblik) dat jy jou been of arm verloor het, vir dienste gelewer aan ‘n instansie wat (1) nie meer bestaan ​​nie, of (2) steeds bestaan, maar geen plan in plek het nie, om te kan (of wil) vergoed en vir jou sorg nie.

As Ambassadeur van die Veterane Bystandfonds wil ek jou vra om ons te help, sodat ons hierdie gewonde Veterane kan bystaan ​​met daaglikse, basiese oorlewing; asook die aanleer van entrepreneursvaardighede sodat hulle weer selfversorgend kan word. U finansiële en/of intellektuele bydraes sal waardeer word.

By voorbaat dankie vir jou bydrae. Jy sal ‘n groot verskil saam met ons maak, in die lewens van hierdie (kosbare en ongewaardeerde) mans.